tuis pictures to go liriek fotos video media kontak

ek is hier

(musiek & liriek: hanné koster)

jy is kerslig
jy’s winterson
‘n wye vlakte
‘n toe kokon
 
jy dink te veel
jy speel te min
miskien kan ons twee
saam voor begin
 
refrein: so kom ek wys jou
  waar drome lê
  en dan besluit jy
  wat jy rêrig wil hê
  as dit vir my is
  ek is hier
 
jy is water
jy is woestyn
ek sien illusies
in jou lag verdwyn
 
jy is herfs
jy’s skemerblou
wens ek kon die seer
uit jou oë hou
 
refrein: so kom ek wys jou weer
  waar drome lê
  en dan besluit jy
  wat jy rêrig wil hê
  as dit vir my is
  ek is hier
 
gepubliseer deur pictures to go