(musiek en liriek: hanné koster)
| diékant lê die kalahari | |
| daaikant lê my huis | |
| ek draf nou deur die duine | |
| ek het iets om jou te wys | |
| verby die doringbome | |
| waar die jakkalse baklei | |
| tussen vlaktes en rante | |
| loer die meerkaaie vir my | |
| refrein: | maak nie saak hoe lank dit vat nie |
| vir jou gaan ek nog kry | |
| want dis koud waar ek vandaan kom | |
| en ek weet jy hoort by my | |
| my bene begin moeg raak | |
| dis ver wat hulle my moet dra | |
| maar ek kan nie stilsit nie | |
| ek het iets om jou te vra | |
| die son bak op my skouers | |
| die sand laat my voete brand | |
| maar ek kan nie nou ophou nie | |
| ek soek my droom oorkant die sand | |
| refrein: | maak nie saak hoe lank dit vat nie |
| vir jou gaan ek nog kry | |
| want dis koud waar ek vandaan kom | |
| en ek weet jy hoort by my | |
| brug: | en ek soek jou tot die sonnetjie |
| onder die duine in wil duik | |
| deur niks en niemand in die kalahari | |
| gaan ek my laat keer nie | |
| en vanaand nog voor die maan | |
| sy sekelliggie gooi | |
| haal ek hierdie ring uit | |
| gee dit vir die mooiste nooi | |
| ek sal wag vir daardie woordjie | |
| wat ek vanaand moet hoor | |
| en as jy "ja" gesê het | |
| gaan die berge van my hoor | |
| refrein | |
| gepubliseer deur | pictures to go |