(liriek: hanné koster/musiek: coenie de villiers)
| ek weet hoe jy omdraai | |
| in jou slaap as ek kom lê | |
| hoe jy my vashou | |
| hoe jy my naam kan sê | |
|   | |
| hoe jy kom inkruip | |
| as dit koud raak in die aand | |
| hoe klink jou asem | |
| wanneer jy diep diep slaap | |
|   | |
| refrein: | ek ken vir jou, |
|   | ek ken vir jou, my lief |
|   | ek ken vir jou, my lief |
|   | ek ken vir jou |
|   | ek ken vir jou, my lief |
|   | ek ken vir jou, my lief |
|   | |
| wanneer jou oë | |
| vra vir meer as wat jy sê | |
| wanneer ek moet praat | |
| en as jy stilte wil hê | |
|   | |
| ek ken jou aankom, wegstap | |
| hierwees, elke dag | |
| selfs as jy ver is | |
| voel ek jou hier in die nag | |
|   | |
| refrein: |   |
|   | |
| brug: | en ek weet nie hoekom jy weg is nie |
|   | dis hoe jy dit wou hê |
|   | dit het net een nag gebeur |
|   | daar was ‘n tas in die gang |
|   | en toe die toetrek van die deur |
|   | |
| refrein: | ek ken vir jou, |
|   | ek ken vir jou, my lief |
|   | ek ken vir jou, my lief |
|   | ek ken vir jou |
|   | ek ken vir jou, my lief |
|   | ek ken vir jou, my lief |
|   | |
| gepubliseer deur | pictures to go |