tuis pictures to go liriek fotos video media kontak

alles het 'n leeftyd

(musiek & liriek: hanné koster)

buite is dit donker
buite is dit lig
dit wissel maar so
binne sit ek
 
buite is dit somer
herfs, al die seisoene
een vir een
binne sit ek
 
refrein: alles het 'n leeftyd, lief
  of jy dit wil hoor, of nie
  alles het 'n leeftyd
  liefde ook
 
buite word mense oud
dinge verander
dinge bly dieselfde
binne sit ek
 
buite is eenselwig
wisselvallig
oorweldigend veel
binne sit ek
 
refrein: alles het 'n leeftyd, lief
  of jy dit wil hoor, of nie
  alles het 'n leeftyd
  liefde ook
 
brug: ek wil vanaand niks weet van buite nie
  ek wil niks probeer verstaan nie
  al wat ek weet is alles
  alles alles alles gaan verby
 
refrein: alles het 'n leeftyd, lief
  of jy dit wil hoor, of nie
  alles het 'n leeftyd
  liefde ook
 
gepubliseer deur pictures to go