(musiek en liriek: hanné koster)
| vrydagaand se drome | |
| lê wie weet en waar en slaap | |
| wat was en wat kon wees | |
| word deur die uurglas opgeraap | |
| ver agter die westewind | |
| tussen rede en verwyt | |
| lê die antwoorde miskien | |
| in die hande van die tyd | |
| refrein: | al die woorde bly ongesê |
| dis hoe jy dit wou hê | |
| ver verby die stikswart nag | |
| die wolke, wind en reën | |
| lê jou perfekte wêreld | |
| maar sonop is jy alleen | |
| ‘n oomblik van hoop | |
| belofte van wat mag kom | |
| het saam met die donker | |
| van die nanag omgekom | |
| nou’s daar net die vrae | |
| wat aan die horison vasklou | |
| en my oë en my hande | |
| wat aanhou soek na jou | |
| refrein: | al die woorde bly ongesê |
| dis hoe jy dit wou hê | |
| ver verby die stikswart nag | |
| die wolke, wind en reën | |
| lê jou perfekte wêreld | |
| maar sonop is jy alleen | |
| gepubliseer deur | pictures to go |