tuis pictures to go liriek fotos video media kontak

sophiatown (wie se triomf is jy)

(musiek & liriek: hanné koster)

saterdagmiddag, sophiatown
ek ry af in edwardstraat
die vleisbraaiers kuier kaalbolyf
terwyl hulle rugby praat
 
op die kniehoog baksteenmuurtjie
staan die black labels al tou
die radio blaker kliphard
die grappe raak 'n bietjie rou
 
refrein: wie se triomf is jy, sophiatown
  die vannemerwes met die escorts
  en die blinkgevryfde mags
  of die mahlangu’s langsaan
  wat ‘n silwer mercedes ry
  wie se triomf is jy, wie se triomf is jy
 
in johannesstraat waai plastieksakke
teen die doringdrade op
en die werkloses langs die ashoop
wag heelweek vir ‘n kar om te stop
 
daar’s die roodt broers se slaghuis
wat reg langs die spreekkamers lê
en by mary’s is die haarsny
so kort soos jy dit wil hê
 
refrein: wie se triomf is jy, sophiatown
  die bothas wat as die son sak
  agter toe deure wegkruip
  of jong zolile langsaan
  wat na sannetjie kom vry
  wie se triomf is jy, wie se triomf is jy
 
brug: by die drankwinkel koop vyf rand
  jou ‘n bottel droë wit
  dis nie chardonnay nie maar dis meer raak
  as ‘n quickpick se mik
 
refrein: wie se triomf is jy, sophiatown
  die biskop wie se kerk
  nog troon oor die plek
  of die mense wat onthou
  hoe ver jou storie strek
 
  wie se triomf is jy, sophiatown
  die bothas wat as die son sak
  agter toe deure wegkruip
  of jong zolile langsaan
  wat na sannetjie kom vry
  wie se triomf is jy, wie se triomf is jy
 
gepubliseer deur pictures to go