tuis pictures to go liriek fotos video media kontak

teer

(musiek & liriek: hanné koster)

oor die grondpad en die klippe
lê die wysheid wyd
maar dis eintlik net te sien
as jy weet hoe om te kyk
 
elke voetpad elke tweespoor
wat die rigting wys
na nog 'n man se storie
nog 'n vol suitcase
 
refrein: solank jy aanhou soek
  na wat dit ookal is
  wat jy dan nou kortom
  wat jou lewe mis
  jy kan jou lesse orals kry
  boeke, TV, girls of internet café
  maar dis eintlik op die teer
  waar jy die lewe leer
  dis eintlik op die teer
  waar jy die meeste leer
 
trein se wiele rol
op sy eie spoor
so gaan hy die vlaktes
en die berge oor
 
elke nuwe die stasie
'n nuwe boek
dophou of deurblaai
uit jou eie hoek
 
refrein: solank jy aanhou soek
  na wat dit ookal is
  wat jy dan nou kortom
  wat jou lewe mis
  jy kan jou lesse orals kry
  boeke, TV, girls of internet café
  maar dis eintlik op die teer
  waar jy die meeste leer
  dis eintlik op die teer
  waar jy die lewe leer
 
gepubliseer deur pictures to go