(musiek & liriek: hanné koster)
| ek hou my karretjie in haar baan | |
| dodge die taxi’s en die bmw’s | |
| probeer oogkontak vermy | |
| jozi is weer aggro vanaand | |
|   | |
| wonder waan’toe almal gaan | |
| dit lyk nie na ‘n lekker plek nie | |
| en netnou maar gaan dinge vloei | |
| alkohol, trane of bloed | |
|   | |
| refrein: | so ek hou my liewer eenkant |
|   | praat help mos maar niks |
|   | ek hou my op my eie |
|   | want ek weet mos alte goed |
|   | testosteroon redeneer nie |
|   | testosteroon redeneer nie |
|   | |
| die stad is propvol woede | |
| die stad is propvol pyn | |
| maar ons stil dit vir ‘n oomblik | |
| met coke en brannewyn | |
|   | |
| en agter al die stories | |
| lê ‘n oeroue verhaal | |
| vir elke een wat wen | |
| is daar een wat iewers betaal | |
|   | |
| brug: | en ek ken al die tekens |
|   | haar blou oog, bloed op sy vuis |
|   | 'n man wat sy man moet staan |
|   | teen die wereld, sy vrou inkluis |
| refrein |   |
|   | |
| gepubliseer deur | pictures to go |