tuis pictures to go liriek fotos video media kontak

die nag is 'n tjello

(musiek & liriek: hanné koster)

die nag is ‘n tjello
met sy volryp klank
wat vloeiend liefkoos, streel
 
wat drome saai oor
die aarde heen van
lafenis en seën
 
wat die mensdom paai
tot oorgawe, ontsnap
uit die dag se rou
 
as sy donker stem
oor die aarde spoel
en die wêreld sag omvou
 
dan
is die nag
‘n tjello
 
gepubliseer deur pictures to go