tuis pictures to go liriek fotos video media kontak

vroue vir vrede

(musiek en liriek: hanné koster)

‘n seuntjie speel albaster
sy ma storm uit die huis
gryp hom aan die arm
van ver kom die gedruis
 
daar’s ‘n bomwerper oor die stad
missiele in die lug
gevolg deur grondsoldate
en nêrens heen te vlug
 
refrein: en eenkant, bid die vroue vir vrede
  eenkant, bid die vroue vir vrede
  vroue vir vrede
  vroue vir vrede
 
deur die strate ry gepantser
soldate gekamoefleer
die mense van die stad juig
blydskap is ook verweer
 
nog 'n stad word leeg geplunder
standbeelde platgestoot
geweervuur klink so werklik
nog ‘n kameraman se laaste skoot
 
refrein  
 
brug: die soldate hou aan rondkyk
  vir die skerpskutters wat woel
  kamoefleerdrag is mos kwalik
  vir stadsverkeer bedoel
 
refrein  
 
gepubliseer deur pictures to go