tuis pictures to go liriek fotos video media kontak

vyf weke (ek het dadelik geweet)

(musiek & liriek: hanné koster)

ek het dadelik geweet, jy gaan nog my hart breek
ek het net nie besef, hoe gou dit gaan gebeur nie
jy’t uit die kar geklim, jy en die golden retriever
twee blonds met houding, ek het dadelik geweet
 
refrein: ja dit was vyf weke
  vyf ongelooflike weke
  toe’s jy weg
  vyf weke, vyf deurmekaar mal weke
  toe’s jy weg
  weg met ‘n deel van my
  en my boek, ek hoop jy bring dit terug!
 
ek het dadelik geweet, daar’s iets heel onweerstaanbaar
aan die manier hoe jou hare ongeëerg langs jou wang speel
en toe praat jy oor die plekke waarvoor ek so lief is
en die waarn’toe ek nog wil gaan, ek het dadelik geweet
 
refrein: ja dit was vyf weke
  vyf kan-dit-nie-glo-nie weke
  toe’s jy weg
  vyf weke, vyf meesleurende weke
  toe’s jy weg
  weg met ‘n deel van my
  en my boek, ek hoop jy bring dit terug!
 
ek het dadelik geweet, niemand kan jou bind nie
‘n meisie so anders, 'n verrassing elke dag
soveel waaroor ons saamstem, ons kan ure lank gesels
ons twee verstaan mekaar, ek het dadelik geweet
 
refrein: ja dit was vyf weke
  vyf lieflike gentle weke
  toe’s jy weg
  vyf weke, vyf verslawende weke
  toe’s jy weg
  weg met ‘n deel van my
  en my boek, ek hoop jy bring dit terug!
 
brug: en my tweede gedagte
was shame, die meisie kry koud
het jou my sweater aangebied
maar jy soek niks van niemand nie
 
refrein: ja dit was vyf weke
  vyf veels te gou verby weke
  toe’s jy weg
  vyf weke, die mooiste, mooiste vyf weke
  toe’s jy weg
  weg met ‘n deel van my
  en my boek, ek hoop jy bring dit terug!
 
gepubliseer deur pictures to go